
=====================================================================
'n Bloeityd in die reklamebedryf (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

'n Bloeityd in die reklamebedryf

Johan Roux berig met 'n slenter van 'n aansteeklike geesdrif vir reklame in Afrikaans wat benut moet word.

OP die oomblik beleef Afrikaans 'n bloeityd in die reklamewese. Omtrent elke Afrikaanse kopieskrywer wat ek ken, sit met 'n Minora-
lemmetjie op die pols voor sy/haar rekenaar. Volgens die mediasyfers word daar elke jaar al hoe minder in Afrikaans geadverteer, boonop kom 
daar geen nuwe amptelike Afrikaanse kopieskrywers die bedryf binne nie en les bes is daar nie 'n werkende stelsel vir die beoordeling van 
Afrikaanse reklame by die Loeries nie.

Dit klink alles hartverskeurend droewig, maar terwyl ek in my kantoor sit en bloei hieroor, sluip 'n lang, skraal Engelsman agter my verby 
na die ateljee langsaan. Sy naam is Matthew Barnes, hy lyk soos 'n kruising tussen 'n Botticelli-engel en 'n folksanger uit die 
sestigerjare, en sy taak vir die dag is om 'n radioflits oor die TV-program Who Wants To Be A Millionaire? te skryf.

Daar's 'n skeppende groep van altesaam vyf jong mense in di ateljee en voor hulle begin werk, speel hulle eers 'n speletjie om van 
oortollige stres ontslae te raak. Blykbaar is die hoofdoel van die speletjie om 'n kopieskrywer met die naam Bennie teen die kop te gooi 
met 'n opgefrommelde papierbol. Na sowat 'n halfuur hiervan kan ek hoor die lawaai bedaar en dis dn wanneer Matthew Barnes begin werk. Hy 
gaan nou deursit tot elfuur vanaand. Sy opdrag is om 'n Engelse flits oor 'n Engelse program met 'n Engelse aanbieder te skryf. Omdat 
Matthew 'n gebore rebel is, besluit hy om die hele ding in Afrikaans te doen.

Di taal is die vatbaarste vir die soort humor wat hy in gedagte het. En hy onthou ook sy skooldae toe die Engelse voorgeskrewe boeke hom 
'n pyn in die blaas gegee het, terwyl die aardse Afrikaans van Kringe in 'n Bos 'n nuwe wreld vir hom oopgemaak het.

Maar dis nie al nie. Dieselfde Bennie du Plessis wat gereeld met 'n papierbol gegooi word, is 'n Afrikaanstalige Engelse kopieskrywer wat 
elke oggend met 'n vars voorraad Afrikaanse sgoed, kwinkslae en skuins woorde in die ateljee instap. Nog 'n Afrikaanstalige Engelse 
kopieskrywer in ons groep, Annette Nel, is ook dag na dag besig om (binne 'n erg Engelse omgewing) persepsies te verander oor hoe vandag se 
Afrikaners dink, praat en voel. En di twee werk soos strignien in op die groep, ook met die opwindende Afrikaanse advertensies wat hulle 
tussendeur skep - hulle vergiftig almal met die potensiaal van hierdie 'nuwe' medium.

En hier's die punt van my storie. Ses maande later loop die vergiftigde Matthew Barnes by die Loeries weg met 'n Finalis- en twee 
Vernufpryse vir die einste Who Wants To Be A Millionaire?-flits. Nou. As 'n donderse Engelsman met 'n Afrikaanse advertensie vir 'n Engelse 
produk drie toekennings kan losslaan in 'n Engelse kompetisie, vir wat sit ons klomp dan met die Minora-lemmetjies?

Dis alles ons eie skuld. Al die potensiaal is klaar daar maar so min van ons doen iets daaromtrent. Kyk byvoorbeeld hoeveel positiewe 
Afrikaanse gif het die kykNET-kanaal binne minder as 'n jaar deur die land versprei, kyk hoe het dit SABC2 laat regop sit en kyk bietjie 
hoeveel wondere gaan hierdie een enkele medium nog vir Afrikaanse reklame verrig. Die regte mirakels l by die enkelinge, soos die Oom 
Lokomotiewe, die Annettes, die Bennies en die Matthews, n die kykNETTE.

'n Mens kan maar net in stille bewondering agter hulle aanloop. Johan Roux is 'n kruis en dwars bekroonde Afrikaanstalige kopieskrywer.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7320.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

